Rina Paul is ’n gebore en getoë Gautenger, maar woon reeds die afgelope 28 jaar in Stellenbosch. Sy het haar onderwysloopbaan aan Hoërskool Menlopark in Pretoria begin, maar na ’n tyd bedank om eers haar kinders groot te maak. Na twee jaar in die buiteland het die gesin hulle in 1986 in Stellenbosch gevestig. Rina was betrokke by gemeenskapsdiens en het op klein skaal ekstra klasse aangebied, totdat die jongste van vier kinders skool toe is. Sy is nou reeds vyftien jaar verbonde aan die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch, waar sy die voorreg het om pragtige jong dames van gr 9 tot 12 in haar wiskundeklas te hê.