Richard Strydom

Richardt Strydom is in Mosselbaai gebore en het in Oudtshoorn grootgeword, waarna hy in sy tienerjare na Vanderbijlpark verhuis het. Na studies in beeldende kuns voltooi hy in 2009 sy meestersgraad in Kunsgeskiedenis aan die Noordwes-Universiteit.

In 1997 ontvang Strydom merietetoekennings in die ABSA l’Atelier, sowel as die Sasol New Signatures-kompetisie. Hy wen in 2008 die Sasol New Signatures-kunskompetisie. In 2010 ontvang hy en Jaco Burger die prys vir Uitstaande Visuele Kunstenaar by die US Woordfees vir hul kunstenaarsboek Ad Hominem.

Tussen 2004 en 2008 was Strydom as koördineerder sowel as kurator betrokke by die Aardklop Kunstefees se visuelekunsteprogram.

Strydom het deelgeneem aan verskeie nasionale en internasionale kunsuitstallings, waaronder Design of Dissent, School of Visual Arts, New York (2005), Lens: Fractions of contemporary photography and video in South Africa, die Universiteit Stellenbosch se SASOL Kunsmuseum (2011), Ik ben een Afrikander III, en die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees (2012). Sy werk is opgeneem in privaat en universiteitskunsversamelings.

Strydom is ’n praktiserende kunstenaar en senior dosent in grafiese ontwerp aan die NWU in Potchefstroom.

Dismotief: Taal as vertrekpunt

Henry Cloete, Richard Strydom 2012-10-02 "Die idee van Dismotief staan in teenstelling met die huidige leitmotief in die Suid-Afrikaanse samelewing – die leidende idees oor Afrikaans, Afrikanerskap en identiteit."
Top