Riana Barnard het in die Vrystaat studeer. Nadat sy 'n meestersgraad in musiek verwerf het, doseer sy aan die Universiteit van Venda. Sy vertrek na België waar sy 'n doktorsgraad in letterkunde aan die Katholieke Universiteit van Leuven voltooi, waarna sy in 1997 by Queillerie aansluit as boekeredakteur. In 2005 behaal sy 'n MBA (cum laude) aan die sakeskool van die Universiteit van Stellenbosch. Sy is sedert 1999 uitgewer by Tafelberg.
Opgedateer/Updated: 2006-09-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info outdated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za