Riaan van der Bergh

Riaan van der Bergh is FEDSAS se adjunk-uitvoerende hoof en hoof van FEDSAS se Sentrum vir Finansies en Risikobestuur.

Te min geld vir onderwys: ’n onderhoud oor die regering se plig en ouers se taak

Naomi Meyer, Jaco Deacon, Riaan van der Bergh SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-04-25

"Skole en onderwysers is toenemend onder druk deur ouers wat ’n verbruikersingesteldheid openbaar, eerder as dié van ’n vennoot. Skole kan nie in sewe uur regmaak wat huishoudings en die samelewing in 17 uur breek nie."

Waarom KI in die klaskamer aanwend? ’n Onderhoud met Riaan van der Bergh

Naomi Meyer, Riaan van der Bergh SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-01-14

"Ons gaan ons aanwending moet verander en die digitale brug skep waar leerders op skaal na die beste wiskundeles kan kyk op iets soos YouTube. ... Waar duisende leerders toegang kan kry tot die massa gratis leerhulpbronne op die internet, wat klassieke literatuur en goeie artikels insluit. Ons moet die brug bou terwyl ons die skeiding sien."

"Onderwys in syfers"-verslag: ’n onderhoud met Riaan van der Bergh

Naomi Meyer, Riaan van der Bergh SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-12-09

"Ons gaan moet begin om die werklike kwelpunte aan te spreek as ons die gety wil stuit. Ons moet skole bou waar mense bly; ons moet moedertaalonderrig bevorder; ons moet kyk na ons befondsingsmodelle vir skole; ons moet die vrystellings en wanbetalings omdraai; en ons moet gemeenskapsbetrokkenheid deur eienaarskap en verantwoordbaarheid verhoog."

Openbare skole se finansies: hoekom ouers in Oktober oor die geldsake van hul kinders se skole moet praat

Naomi Meyer, Riaan van der Bergh SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-10-02

"Eienaarskap en verantwoordelikheid. Die 'openbare' aard van ons skole plaas die eienaarskap van ons skole in die gemeenskap, en die model van samewerkende beheer deur die beheerliggaam versterk dit. ’n Skool met betrokke ouers het ’n baie groot voordeel."

Top