Riaan Eksteen

Riaan Eksteen se 27-jaar-ampstermyn in Suid-Afrika se Departement van Buitelandse Sake het ’n tydperk in Washington, DC, en ambassadeursposte by die VN in New York en Genève ingesluit, en hy was in ses lande as ambassadeur geakkrediteer. Hy is tans ’n navorsingsgenoot by twee universiteite in Suid-Afrika en lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hy het reeds meer as 30 artikels in Suid-Afrikaanse en internasionale tydskrifte gepubliseer. Sy memoires, Beyond diplomacy, het in 2022 verskyn (https://orcid.org/0000-0001-8317-2681). Sedert diensaanvaarding in Washington in 1968 het hy die buitelandse beleid van 11 Amerikaanse presidente bestudeer en 14 presidensiële verkiesings gevolg. In 1974 is ’n meestersgraad cum laude aan hom toegeken vir sy verhandeling "Die rol van die Senaat van die VSA in buitelandse sake". In 2018 het sy doktorale proefskrif gedeeltelik gehandel oor die rol van die Amerikaanse Hooggeregshof in buitelandse sake. Die daaropvolgende jaar is die kommersiële uitgawe in Europa gepubliseer as The role of the Highest Courts of the United States of America and South Africa, and the European Court of Justice in Foreign Affairs.

Foreign policy principles of President Donald Trump: Part 1

Riaan Eksteen Academic research 2026-07-30

"The analysis is grounded in a comprehensive literature review of US international relations during Trump’s presidency and employs analytical frameworks to understand the implications of his policies. It also considers the roles of Congress and the Supreme Court, highlighting the complexities and challenges of the USA’s diplomatic strategies."

Buitelandsebeleidsbeginsels van Donald Trump: Deel 1

Riaan Eksteen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-07-30

"Aan die hand van kwalitatiewe navorsing word die omvang en impak van Trump se onortodokse benadering tot en toepassing van buitelandse beleid ontleed. Hierdie ondersoek steun op ’n literatuuroorsig van belangwekkende verwikkelinge in die VSA se buitelandse betrekkinge gedurende albei Trump se ampstermyne."

Top