Retha Ferguson

Retha Ferguson hou daarvan om aan die verkeerde kant van die treinspoor foto’s te neem. Sy is ook hoogs oortuig dat Marlene van Niekerk se woorde uit Die Sneeuslaper spesiaal aan haar gerig is: "Wees eerlik, hoe wil jy vandag in hierdie land ’n sypaadjieantropoloog op enigsins interessante sypaadjies wees sonder ’n gewapende lyfwag aan jou sy?"

Huidiglik is Retha Big Issue Suid-Afrika se in-huis fotojoernalis en sy dokter foto’s in photoshop in ruil vir brandstofgeld. Haar grootste ambisie is om eendag in Istanboel foto’s te neem. Sy het een keer êrens op die internet gelees Istanboel is net 39,1 millisekondes weg van Kaapstad as jy teen die spoed van lig reis.

Haar fotografie is op haar blog (http://andthesunsmiledwryly.tumblr.com/) en haar webwerf (http://curiousgentlebreakthrough.com) te sien.

Opgedateer/Updated: 2011-05-17

Bio-inligting verouderd? Stuur ’n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Picador cover: Retha Ferguson

Retha Ferguson 2012-05-10 Retha Ferguson designs a cover for Margaret Atwood's novel The Handmaid's Tale.

Fotoblad – Die bekendstelling van David Kramer: ’n Biografie

Retha Ferguson 2011-11-23 David Kramer: ’n Biografie is op 22 November in Kaapstad bekendgestel. Kramer was in gesprek met die skrywers van die boek, Mathilda Slabbert en Dawid de Villiers.

Fotoblad: Guy Buttery se bekendstelling van To Disappear in Place

Retha Ferguson 2011-11-17 Dinsdagaand in Langstraat was Guy Buttery se eerste Kaapstad-bekendstelling van sy nuwe album To Disappear in Place. Retha Ferguson het ’n versameling foto's geneem.

Guy Buttery verlei weer eens met uitsonderlike kitaarspel

Retha Ferguson 2011-11-17 Dinsdagaand in Langstraat was Guy Buttery se eerste Kaapstad-bekendstelling van sy nuwe album To Disappear in Place. Die album bestaan uit B-kante van sy laaste uitreiking, Fox Hill Lane (wat in 2010 die SAMA vir beste instrumentele album gewen ...

LitNet Akademies: Herman Wasserman gesels oor godsdienstige verwysings in koerantberigte oor misdaad en ongelukke

Retha Ferguson 2011-05-11 Herman Wasserman reageer op die artikel “’n Kritiese evaluering van godsdienstige verwysings in berigte oor misdaad en ongelukke in Beeld en Rapport” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Christo Lombaard ...
Top