Renette Vosloo

Renette Vosloo kook al vandat sy 10 jaar oud is. Skryf kom net so lank al saam met haar, want in standerd twee, onthou sy, het sy al vir haar meneer ’n storieboekie oor twee verliefde olifantjies aanmekaargekram.

Renette het Tukkies toe gegaan ná matriek in die vroeë tagtigs en ’n BA met Staatswetenskappe agter haar naam gaan skryf. Kos was egter ’n goue draad dwarsdeur haar lewe, as student, as jong moeder en tot hier waar sy nou as weduwee die pad alleen aandurf.

Alles wat ’n kranige kok van kos en fynkos moet weet, het sy oor die jare seker gemaak sy kom te wete en kry onder die knie.

Woorde en kos is prentjies wat vir Renette help om sin te maak van lief en leed en waarmee sy graag ook raad en daad deel.

Renette woon in Rosendal in die Oos-Vrystaat, waar sy ’n huisrestaurant bedryf.

Gekkedag 2025: By ampermoedverloor, ’n klippepad, slaggatpad en ’n bakkopslang verby

Renette Vosloo Menings 2025-04-09

"Die klippe slaat onder die kar; ek probeer mik na kleineres, ek bekommer my oor die bande! In my geestesoog sien ek al hoe moet ek en ’n boer my hele negosie agter in daai kattebak uitpak om by die spaarwiel uit te kom."

Top