René van der Vyver

René van der Vyver het in 2021 haar meestersgraad in Toerismebestuur met onderskeiding aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Sy het ook die toekenning as die beste Magisterstudent in Toerismebestuur vir 2021 ontvang. Haar fokus op die Afrikanerkultuur tydens haar studies spruit uit ’n liefde vir, en belangstelling in haar kultuurerfenis, wat sy droom om te help bewaar en te bevorder. Sy werk tans vir AfriForum as die veldtogbeampte en woordvoerder vir AfriForum Jeug, waar sy daagliks haar passie vir die behoud van die Afrikanerkultuur kan uitleef en die kennis van haar navorsingswerk gebruik. René het byvoorbeeld ’n video gemaak vir Erfenisdag (24 September) 2022 wat op AfriForum Jeug se YouTube-kanaal verskyn met die naam: Die Afrikaner se kultuurskatkis, waar die verskillende Afrikanerkultuurelemente op ’n kreatiewe manier aangebied word. Sy is ook ’n lid van die Golden Key International Honours Society vir uitstaande akademiese prestasie.

The creative presentation of cultural elements within Afrikaner attractions

Esmarie Myburgh, Lindie (Engelina) du Plessis, René van der Vyver Academic research 2023-11-28

"The results confirmed that cultural tourists desire a creative presentation of Afrikaner cultural elements and that these elements and the creative principles should be integrated to offer a positive cultural experience."

Die kreatiewe aanbieding van kultuurelemente binne Afrikanerbesienswaardighede

Esmarie Myburgh, Lindie (Engelina) du Plessis, René van der Vyver LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2023-11-28

"Dit is belangrik dat die studie se bydrae nie beperk word tot die Afrikanerkultuur nie. Die rede is dat kultuurelemente ook binne elke ander kultuurkonteks bestaan en dat toeriste wêreldwyd op soek is na kreatiewe kultuurervarings, wat veral ’n multikulturele land soos Suid-Afrika bevoordeel."

Top