Pieter van Staden

Pieter van Staden studeer teologie aan die Universiteit van Pretoria. Verwerf 'n doktorsgraad in Nuwe-Testamentiese wetenskap in 1991 onder leiding van A.G. van Aarde. Die titel is “Compassion – the essence of life: A social-scientific study of the religious symbolic universe reflected in the ideology/theology of Luke”. Sy spesialisasiegebied is die sosiaal-wetenskaplike benadering tot die ondersoek van Bybelse tekste.

Deeltydse dosent aan die Universiteit van die Noorde (Hebreeus), UP (Nuwe Testament), RAU (Grieks en Klassieke Kultuur) en AIM (Grieks).     

Tans deeltyds betrokke by gemeentes in die Paarl, Stellenbosch en Worcester, en navorsingsgenoot van die Hervormde Teologiese Kollege, Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria.

In 2013 benoem as subredakteur van Die Hervormer, amptelike kerkblad van die Nederduitsch Hervormde Kerk.

Publikasies

Boeke

1991 – Compassion, the essence of life (HTS Supplementum) (verwerking van proefskrif)

2005 – Towards a greater God: The evolution of religion

Digbundel

Rasterwerk

Artikels

13 wetenskaplike artikels in geakkrediteerde tydskrifte, en meer as 20 populêre artikels in kerklike tydskrifte.

Elektronies

Vanaf 2001 tot 2012 redakteur van ‘n e-pos-nuusbrief genaamd GRASnuus (Gespreksgroep Religie en Aktuele Sake).

 

Christ undone – an evaluation of the loss of meaning of the term anointed

Pieter van Staden Academic research 2015-11-17

Where does the name Christ come from?

Christus ongedaan – 'n evaluering van die betekenisverlies van die term gesalfde

Pieter van Staden LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2015-11-11

Waar kom die naam Christus vandaan? In hierdie artikel herwin Pieter van Staden die aanvanklike kragtige inhoud van die woord.

Top