Pieter du Toit

Pieter du Toit is ’n professor aan die Fakulteit Regte van die Noordwes-Universiteit. Hy het die volgende akademiese kwalifikasies behaal: B Iuris en LLB (UOVS); LLM (UJ) en LLD (NWU). Voordat hy in 2006 by die NWU aangesluit het, was hy ’n aanklaer in die streekhof en hooggeregshof. Sy proefskrif het gehandel oor die strafregtelike aanspreeklikheid van en straftoemeting aan regspersone. Hy doseer en doen navorsing op die gebied van die strafprosesreg. 

Vonnisbespreking: Die regte van verdagtes wat nie in hegtenis geneem of in aanhouding is nie

Pieter du Toit LitNet Akademies (Regte) 2024-03-08

"Die voor die hand liggende gevaar bestaan dat die polisie verdagte persone doelbewus nie arresteer en aanhou nie om sodoende selfinkriminerende verklarings te bekom ten einde die vereiste te omseil dat prosedurele billikheidsregte aan hierdie persone verduidelik word."

Vonnisbespreking: Beheer oor eiendom as faktor by die oorweging van die toelaatbaarheid van getuienis wat by wyse van onregmatige visentering verkry is

Pieter du Toit LitNet Akademies (Regte) 2022-03-14

"Die hof se gebruik van die faktore wat normaalweg in ag geneem word om oor die toelaatbaarheid van ongrondwetlik verkreë getuienis te beslis, is nie noodwendig geskik om oor die kwessie te beslis waar die visentering op grond van ’n onreëlmatige lasbrief plaasgevind het nie."

Vonnisbespreking: Spoedoortredings: Erkennings wat by die aanbieding van ’n pleit van skuldig vereis word

Pieter du Toit LitNet Akademies (Regte) 2021-03-15

"Alhoewel artikel 112 van die Strafproseswet daarop gemik is om beskuldigdes, veral onverteenwoordigde beskuldigdes, te beskerm, is dit nie vir die voorsittende beampte nodig om inligting rakende elke stukkie getuienis wat die staat moontlik sou kon aanbied, vas te stel nie."

Top