Pieter Botha

Pieter Botha is professor in Nuwe Testament en Vroeg-Christelike Studies by Unisa. Hy het aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit en die Universiteit van Pretoria gestudeer. Onlangs het sy boek Orality and literacy in early Christianity by Cascade Books verskyn. Sy navorsingsvelde is die geskiedenis van die vroeë kerk, die daaglikse lewe in die vroeë Romeinse Ryk en die historiese konstruksies van gestremdheid. Hy het ook talle belangstellings, wat Suid-Afrikaanse geskiedenis, filosofie en fisika insluit.

Eerbied vir die lewe: Albert Schweitzer se etiek as lewensfilosofie

Pieter Botha LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2015-06-03

"Hoe gebeur dit dat hoe harder ons werk vir vordering en sukses, hoe meer blyk ondergang en vernietiging en sinloosheid na vore te tree?"

Top