Piet Boshoff

Piet Boshoff (PB), gebore 1949 te Duiwelskloof, gaan skool in Laerskool Tzaneen en Hoër Landbouskool Merensky, en doen diensplig in 1968. Hy studeer vanaf 1969 aan die Universiteit van Pretoria en behaal die grade BA, BD, MA en DD. Hy loop van 1969 tot 1971 klas by Adrianus van Selms. Van 1975 is hy predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk tot aftrede in 2014. Hy studeer ook aan Unisa, die Kirchliche Hochschule, Berlyn en die Rheinische Friedrich-Wilhelms-Universität, Bonn. In 2019 besoek hy die Leidse Universiteitsbibliotheek. Tans is hy navorsingsgenoot by die Departement Ou Testament en Hebreeuse Geskrifte, Fakulteit van Teologie en Religie, Universiteit van Pretoria.

Adrianus van Selms (1906–1984) unlocks the Arabic-Afrikaans literature against the background of the origin and development of the Afrikaans language

Piet Boshoff Academic research 2026-04-14

"Arabic-Afrikaans is coined and defined by Van Selms as Afrikaans written in Arabic script. The community where these texts were used consisted of the offspring of the slaves and tradesmen shipped to the Cape by the Dutch East Indian Company. They established Islam in South Africa."

Adrianus van Selms (1906–1984) ontsluit die Arabies-Afrikaanse literatuur teen die agtergrond van die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans

Piet Boshoff LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-04-14

"Die vertaalde tekste bied vir Westerlinge ’n toeganklike kennismaking met die Islam. Die rol wat godsdienstige behoefte by die vertaling van oorspronklike tekste speel, word belig." 

Top