Phumla Kese

Phumla Kese is ’n dosent in die Departement Kurrikulumstudie aan die Universiteit Stellenbosch (US). Haar MEd in Opvoedingsbestuur het gefokus op kursuswerk in kurrikulumstudie en navorsingswerk rakende luisterpraktyke om akademiese sukses te bevorder. Haar PhD-navorsing het gefokus op die gebruik van Afrikatale ter bevordering van dissipline-gespesifiseerde akademiesegeletterdheidspraktyke in ’n meertalige hoëronderwysomgewing. Haar navorsing berus op menslike pedagogie wat sy as “humane-conscious pedagogies” beskryf. Sy omhels teenwoordigheidspedagogie teenoor onderrig en leer wat ’n positiewe impak maak.

Phumla Kese is goedgekwalifiseerd met baie ervaring in taal- en geletterdheidsonderwys. Haar ervaring sluit die onderrig van Engels as ’n addisionele taal binne die Suid-Afrikaanse konteks in, asook die onderrig van verskeie Xhosa-modules. Oor die jare het sy uitmuntendheid in module-ontwerp asook die onderrig en assessering van hierdie modules verwerf. Sy lê klem op kritiese en akademiese geletterdheid in onderwysers se opleiding. Phumla maak gebruik van kreatiewe skryfwerk en storievertelling asook populêre kultuur-in-onderwys om die diverse vorme van geletterdheid wat verband hou met die bevordering van taalvaardighede te bereik en te bevorder. Haar belangstelling in die alternatiewe maniere om kennis te konstrueer met die gebruik van tradisionele metodes word hierdeur ondersteun.

Sy glo aan die verband tussen taal en kultuur. Haar belangstelling in die studie van name (naamkunde) as ’n basiese element van die Afrikakultuur het gelei tot navorsing en die skryf van ’n ongepubliseerde artikel oor die spesifieke name van die amaXhosa.

Phumla het in 2016 ’n merietesertifikaat van die SU Scholarship for Teaching and Learning ontvang vir die beste praktykgebaseerde aanbieding getitel “Story-telling for enhancing facilitation of listening comprehension: The homecoming of the spoken word.”

Language and practice: a case study on Afrikaans First Additional Language with grade 4 learners in a multilingual school

Jana Nel, Michael le Cordeur, Phumla Kese Academic research 2019-11-13

“Learners’ home languages should not be ignored; whether the learners form a minority in the class or not, their home languages need to be acknowledged.”

Taal en praktyk: ’n gevallestudie oor Afrikaans Eerste Addisionele Taal by graad 4-leerders in ’n meertalige skool

Jana Nel, Michael le Cordeur, Phumla Kese LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2019-11-13

“Dit is noodsaaklik dat diverse klaskamers nooit leerders van die gebruik van hul huistale sal ontneem nie.”

Top