Phlip Bosman

Prof Phlip Bosman het antieke tale, teologie en filosofie bestudeer aan die Universiteit van Pretoria, waar hy in 1996 gepromoveer het met ’n verhandeling oor die evolusie van die gewetenskonsep. Hy is sedert 1992 verbonde aan Unisa se Departement Klassieke Tale (tans Klassieke en Wêreldtale) en doseer in die Griekse literatuur, filosofie en geskiedenis. Sy navorsing fokus tans op die Kuniese filosowe en hulle literêre nalatenskap in die vroeg-Romeinse Ryk.

Opgedateer/Updated: 2009-12-02

Bio-inligting verouderd? Stuur ’n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

"Dolosse as plaaslike munt": Geld en die Kuniese filosowe

Phlip Bosman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-12-02

"Die artikel bied ’n interpretasie aan van Diogenes van Sinope se voorstel om, in sy ideale staat, die muntstelsel met dolosse te vervang."

Top