Peet van Dyk

Vasgeknel vir veertig jaar tussen die vier mure van burokrasie, brabbel vergaderings en artikelproduksielyne, kon ek uiteindelik my borgtog bekostig en aftree uit die akademie (d.i. as professor in Bybelkunde en Antieke Studies, Unisa). Ek woon tans in die Waterberge, saam met my lewenslange sielsgenoot, waar ek my volle aandag aan kreatiewe skryfwerk kan wy en droom oor waarheen ons orals gaan reis sodra dit weer moontlik is.   

’n Brief aan my ouma

Peet van Dyk Fiksie 2020-07-10

"Ek kry swaar, Ouma. Ons kry almal swaar. Die lewe het skielik langs die pad gebreek. Nou staan ons almal alleen langs die pad en wag en wag vir hulp. Die warrelwind waai stof in ons oë. Dit voel of die hele wêreld ophou leef het. Dis swaar om net stil te staan, Ouma."

Top