Paul Cilliers

Paul Cilliers is professor in Filosofie aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy het sy doktorale studie gedoen onder Johan Degenaar en Mary Hesse van Cambridge. Hy doseer dekonstruksie, kultuurfilosofie, wetenskapsfilosofie en morele filosofie, ook in verskillende fakulteite. Sy navorsing fokus op kompleksiteitsteorie, ’n veld wat self verskeie dissiplines betrek. Hy het ’n lewendige belangstelling in die kunste (veral musiek, letterkunde en film), en in die manier waarop hulle funksioneer in die wyer konteks van ons kultuur. Hy is die skrywer van Complexity and Postmodernism (Routledge 1998).

 

Opgedateer/Updated: 2007-03-07
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Wie was De la Rey?

Paul Cilliers 2007-03-21 De la Rey, Boereleier, generaal en volksheld wat veral tydens die Anglo-Boereoorlog tot en met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog ’n sterk rol in die Suid-Afrikaanse geskiedenis gespeel het, se naam is weer, soos byna 100 jaar ...
Top