Parvin Nemati

Parvin Nemati het spraakterapie studeer vir haar voorgraadse en meesterstudie in Iran en het tussen 2005 en 2012 met kinders met ontwikkeling- en leersteurnisse gewerk. Sy het na Duitsland verhuis en haar doktorsgraad in kognitiewe wetenskap in 2017 aan die Universiteit van Tuebingen voltooi. Sy is tans ’n postdoktorale navorsingsdeelgenoot aan die Universiteit van Johannesburg. Haar hoofnavorsingsbelangstelling is om uit te vind hoe kinders kognitiewe vaardighede ontwikkel, en hoekom sommige kinders probleme ondervind om daardie vaardighede te ontwikkel. Sy ondersoek uitvoerende funksies, wiskundige kognisie en taal en gebruik ’n verskeidenheid navorsingsontwerpe soos kruiskulturele, longitudinale en intervensionele studies.

The effectiveness of using translated dialogue reading books for the development of mathematics vocabulary and mathematics skills in classroom groups

Hanrie Bezuidenhout, Parvin Nemati Academic research 2025-07-18

"This study aimed to translate an existing series of three English dialogue reading books for mathematics vocabulary into Afrikaans and assess their impact on Grade RR learners’ mathematics vocabulary and mathematics performance over a period of four weeks. Unlike prior studies, this intervention is classroom-based, offering insights into its effectiveness in larger group settings."

Die doeltreffendheid van die gebruik van vertaalde gesprekstorieboeke vir die ontwikkeling van wiskundewoordeskat en wiskundevaardigheid in klasgroepe

Hanrie Bezuidenhout, Parvin Nemati LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-07-18

"Die deelnemende kinders is ewekansig in ’n intervensiegroep (n = 35) en ’n vergelykende groep (n = 26) verdeel waarna onderwysers drie gesprekstorieboeke oor ’n tydperk van vier weke minstens vier maal vir die intervensiegroep leerders gelees het om wiskundegesprekke in die klas te ontlok. "

Top