Nioma Venter

Nioma Venter is ’n dubbel-gekwalifiseerde maatskaplike werker en teoloog. In 1991 behaal sy haar B.Diac-graad in Maatskaplike Werk aan die Hugenote Kollege waarna sy eers by Ramot Sentrum vir Middelafhanklikheid en daarna as streekskoördineerder (Wes-Kaap) vir die Christelike Afhanklikheidsdiens werk. In 2000 behaal sy ’n MA-graad (cum laude) in Maatskaplike Werk. Sy skryf ’n tesis oor die impak van ouer-alkoholisme op die ontwikkeling van adolessente kinders. In 2006 behaal sy ’n B.Th-graad, in 2007 ’n M.Div-graad (cum laude) en in 2008 ’n Lisensiaat in Teologie (cum laude) aan die Universiteit Stellenbosch. Sy dien as leraar in twee gemeentes, naamlik die NG Gemeente Prieska (2008-2012) en die NG Moedergemeente Worcester (2013-2017). In 2017 aanvaar sy die posisie as predikant in Sinodale Diens, Wes-Kaap Sinode van die NG Kerk, waar sy tans steeds werksaam is. In hierdie posisie neem sy leiding van die Diensgroep Diaconia, ’n eenheidsbediening met die Verenigde Gereformeerde Kerk, wat sowat 520 NG-gemeentes en VGK-gemeentes lei en ondersteun in hulle gemeenskapsbetrokkenheid en diens van barmhartigheid. Sy voltooi haar doktorale studies in September 2023 aan die Universiteit van Pretoria. Haar doktorale tesis handel oor nouer samewerking tussen die kerk en kerklik-geaffilieerde maatskaplike diensorganisasies met die oog op kollektiewe impak in sosiale kwessies in die Suid-Afrikaanse samelewing. Nioma is getroud met Leon Venter, ’n maatskaplike werker en bestuurder van ’n tehuis vir bejaarde persone. Hulle het twee kinders, Nickus (25 jaar) en Esté (20 jaar), en woon in Durbanville in die noordelike voorstede van Kaapstad.

Kammawaarwêreld deur Estelle Kruger: ’n lesersindruk

Nioma Venter Lesersindrukke 2023-10-02

"Kammawaarwêreld daag die leser uit. Die lewe is vir geeneen van ons eenvoudig nie. Die vraag is egter hoeveel van ons die waagmoed het om so ’n eerlike opgaaf van ons lewens te maak."

Top