"Langafstand" deur Nini van der Walt
2013-08-30 Ek vang jou soos ’n herfsblaar en ek pars jou in my scannerEk save jou as ’n jpeg of ‘n animated banner
Ek copy jou van my desktop en ek paste jou op my skoot
Lank lewe die rekenaar want die liefde is morsdood
