Nina Phillips

Nina Phillips is ‘n klassiekopgeleide pianis en woon tans in New York. Sy het haar solodebuut op die ouderdom van nege met die Johannesburgse Simfonieorkes gemaak en het sedertdien met verskeie orkeste opgetree, uitgeblink in kompetisies, en konserte in Suid-Afrika, Europa en Noord-Amerika as beide solis en kamermusikant gegee. 

Tydens haar voorgraadse studies onder prof Joseph Stanford toer sy gereeld deur die land as lid van die Universiteit van Pretoria Klaviertrio en het daarna die UP-klavierkwintet gestig. Sy word na musiekfeeste in die VSA en Suid-Afrika genooi. Nina het in 2015 ‘n MMus in klavieruitvoering by Mannes College, The New School verwerf, onder Thomas Sauer. Sy sit haar nagraadse studie in 2016 by dié konservatorium voort. 

As navorser ondersoek Nina graag Franse musiek, die rol van die vrou as komponis, asook wiskundige invloede in Westerse kunsmusiek van die 20ste eeu.

Einstein-kompetisie: Nina Phillips

Nina Phillips Einstein-kompetisie 2016-07-12

Nina is 'n klassiekopgeleide pianis en woon tans in New York. Sy het haar solodebuut op die ouderdom van nege gemaak.

Top