Nina Brink

Nina Brink is ʼn lektor in Afrikaanse taalkunde in die Skool vir Tale aan die Noordwes-Universiteit (NWU) (Potchefstroomkampus). Sy voltooi haar honneursgraad in Afrikaans en Nederlands in 2013 en haar MA in Afrikaans en Nederlands (taalkunde) in 2016. Haar navorsing fokus op eerstetaalverwerwing, grotendeels op die verwerwing van Afrikaans, maar ook op die verwerwing van ander Suid-Afrikaanse tale. Sy fokus veral op die eienskappe van vroeë woordeskatontwikkeling en die faktore wat dit kan beïnvloed. Sy is lid van die interdissiplinêre en multiinstitusionele navorsingspan wat die MacArthur-Bates Communicative Development Inventories (CDI) vir 11 amptelike tale van Suid-Afrika vertaal en aangepas het.

An exploratory study of code-switching patterns in the utterances of preschool Afrikaans-Dutch children

Monique Rabé, Nina Brink Academic research 2025-10-23

"The study takes as its starting point the characteristics of congruent lexicalisation and the specific dynamics of code-switching between closely related languages to explore and describe the code-switching patterns found in the utterances of preschool Afrikaans–Dutch children during the BFLA process."

’n Verkennende studie van kodewisselingspatrone in die uitings van voorskoolse, Afrikaans-Nederlandse kinders

Monique Rabé, Nina Brink LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-10-23

"Aangesien Afrikaans en Nederlands nouverwante tale is, is kongruente leksikalisering dikwels teenwoordig, wat tot ’n samevloeiing van grammatikale strukture tussen die tale lei."

Einstein-kompetisie: Nina Brink

Nina Brink Einstein-kompetisie 2016-06-06

Nina is 'n dosent in Afrikaanse taalkunde aan die Noordwes-Universiteit. Sy het 'n passie vir taal en ook vir kindertaalverwerwing, waaroor daar nog baie min navorsing in Afrikaans gedoen is.

Top