’n Teologiese besinning oor Annemarie van Niekerk se Onder ’n bloedrooi hemel
2025-06-05"In literêre werke word rooi dikwels met bloed, revolusie, passie of intense emosies geassosieer. In al twee plaasmoorde wat in die boek beskryf word, is die slagoffers Godvresende en toegewyde gelowiges wat selfs nog dieselfde aand by huisgodsdiens gebid het om bewaring teen gevare."

