Nic Olivier
Nic Olivier is professor en direkteur van die SADC Sentrum vir Grond-, Streeks- en Ontwikkelingsreg aan die Universiteit van Pretoria. Hy verwerf die grade BA (Regte), LLB, BA (Hons), MA en LLD aan die Universiteit van Pretoria, B.Phil en BA (Hon) aan die destydse PUCHO, en die Drs Iur en LLD aan die Universiteit van Leiden. Hy was voorheen professor in die regsfakulteite van die Universiteit van Pretoria, PUCHO en Natal. Naas gepubliseerde vonnisbesprekings, aantekeninge en artikels, was hy ook betrokke by ‘n aantal handboeke as mede-outeur. Hy was ook ‘n besoekende professor by SOAS (Londen) en die Universiteit van Fribourg (Switserland). Sedert 1994 is hy betrokke by ‘n verskeidenheid projekte binne en buite Suid-Afrika rondom landelike ontwikkeling, grondhervorming, regspluralisme, grondhervorming, samewerkende regering en die rasionalisasie van beleidsraamwerke en wetgewing (onder meer ten aansien van tradisionele leierskap, landbou, visserye en bosbou), en was ook by verskeie geleenthede gesekondeer na die RSA regering, soos onlangs (Des. 2010 – Mrt 2011) as lid van die interim strategiese bestuurspan wat verantwoordelik was vir die daarstelling van die kantoor van die hoofregrter (Office of the Chief Justice) as ‘n afsonderlike staatsdepartement.