Nic de Jager doseer in die Fakulteit Opvoedkunde en spesialiseer in Engels vir beide die BEd- en NGOS-programme. Hy het ’n baccalaureusgraad in Onderwys (Senior Fase- en VOO-onderwys) aan die Noordwes-Universiteit verwerf, en daarna ’n BA-honneursgraad in Engelsonderwys, ’n MA in Toegepaste Taal en Geletterdheidsonderwys en ’n PhD in Onderwys aan die Universiteit van die Witwatersrand. Nic se passie vir onderrig en opvoeding lê in die kunste, letterkunde en verskeie digitale platforms, en die geleenthede wat hierdie areas vir kreatiewe uitdrukking en selfverwesenliking bied. Hy praktiseer sedert 2011 as onderwyser, vakhoof en dosent by verskeie sekondêre sowel as tersiêre onderriginstellings, onder meer Universiteit van die Witwatersrand en Tshwane-Universiteit vir Tegnologie. Hy het sodoende grondige praktykervaring as opvoeder in beide die hoërskool- en universiteitskonteks opgedoen. Sy navorsingsfokus is multimodale pedagogiek, spesifiek die toepassing van alternatiewe onderrigstrategieë in die ontsluiting van voorgeskrewe vakkennis. Sy gepubliseerde werk sluit akademiese artikels asook illustrasies vir boeke in. Sy nuutste gepubliseerde artikel is getiteld “Reading Gamefully: Videogamification as Multimodal Pedagogy for High School Setworks”.
Nic doseer die volgende modules by Akademia: BEd: English 1 (Foundation and Intermediate Phase), BEd: Lewensvaardighede 2 (Visuele Kuns), NGOS: English Home Language Teaching (Senior Phase) en NGOS: English Home Language Teaching (FET Phase).