Nelda Mouton

Prof. Nelda Mouton is tans verbonde aan die Besigheidskool van Noordwes-Universiteit. Sy is die programbestuurder van die nagraadse diploma in bestuur en doseer Operasionele Bestuur op nagraadse vlak.  Met haar sterk agtergrond in hoër onderwys fokus sy veral op navorsingsgerigte insette in haar vakgebied en bied dus studieleiding aan vir Meesters- en Doktorale studente. Haar navorsingsuitsette word in populariteitsmedia asook in nasionale en internasionale geakkrediteerde joernale gepubliseer. Sy fokus ook op die ontwikkeling van kortprogramme binne haar spesialiteitsvelde en hoop om sodoende verskeie diverse gemeenskappe se besigheidsgerigte operasionele vaardighede te verbreed.

The use of total quality management in the adaptation of quality of delivery: a case study in private higher education

Liana Venter, Nelda Mouton Academic research 2021-05-18

"The central theme that emerged from this study confirmed that the acceptance of internal quality mechanisms and total quality management principles is essential for a private higher education institution. The three most important themes that emerged were compliance with the regulatory framework, institutional supply and quality management."

Die gebruik van totale kwaliteitsbestuur in die aanpassing van kwaliteit van aflewering: ’n gevallestudie in private hoër onderwys

Liana Venter, Nelda Mouton LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2021-05-18

"Interne kwaliteitsmaatreëls is van wesenlike belang vir private instellings wat sakegedrewe is en is dus afhanklik van studentegetalle om hul bedrywighede te befonds. Die institusionele aanbod moet dus die mededingende voordeel vir die HOI skep, en die implementering van TKB-beginsels is die sleutel in hierdie proses."

Students’ experiences of different delivery modes in a postgraduate diploma in management

Alfred Henrico, Nelda Mouton Academic research 2021-02-23

"Overall, the qualitative results revealed that the differences in the participants’ experiences of teaching in the asynchronous online and mixed delivery modes revolved mainly around the way in which lecturers supported them to master the learning outcomes, as well as the teaching methods they were exposed to."

Studente se ervarings van verskillende afleweringsmodusse in ’n nagraadse diploma in bestuur

Alfred Henrico, Nelda Mouton LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-02-23

"Alhoewel dit in die minderheid was, het sommige studente in beide afleweringsmodusse wel ooreenstemmende negatiewe ervarings gehad ten opsigte van die wyse waarop hulle ondersteun is om te leer, dosentinteraksie, tydigheid van kommunikasie en die standaardisasie tussen die onderskeie modules in die program."

Top