naamloos II

ek is ‘n dowe huis vol neute

‘n koei wat sweet soos die gerespekteerde Madiba van ouds

‘n Hottentots-got soos Job

‘n voortvlugtende akkedis na niks

ek skryf vir Xhosa, Khoi en Jan-alle-San

vir Boer, Boerin en Sotho, jou lekker ding

vir Zoeloes en Sangomas

vir die Bin Laden en die Hindus

selfs die Junkies in die boendoes

van Oranje tot die Vaal

sit ek, De Waal, Khumalo en Thotetsi soos bobbejane op die paal: poephol lekker seer,

maar tog so getrou aan ons konings

terwyl ons vir ons base pronk

raak ons gatvol gedweë,

bobbejane wat om vryheid wil skree

my gedaante verwissel van eeu agtien tot nou

alles moet moet,

alles goed

doen alles maar behou die pou

naamloos ek is

rebel ek is

paddapis

paddapis

Grahamstad Nasionale Kunstefees

naamloos II 2014-07-23
Top