Mvula Yoyo

Mvula Yoyo is ’n boorling van Victoria-Wes in die skone Noord-Kaap. Hy moes noodgedwonge Oos-Kaap toe gaan, waar hy aan die bekende Healdtown Instituut van Sobukwe en Mandela gematrikuleer het. Hy studeer later verder en is vir ’n klompie jare werksaam in die Universiteit van Fort Hare se Departement Afrikaans-Nederlands, waar hy dan ook sy doktorsgraad verwerf het.

Yoyo het onlangs afgetree as transformasiebestuurder by Mediclinic Suidelike Afrika. Hy dien tans op die direksie van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans en die Suidoosterfees.

Onverskilligheid of malligheid? Ons hoef nie een sektor van die gemeenskap te ontmagtig om die ander te bemagtig nie.

Mvula Yoyo Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-25

"Hoe help dit die student van Khayelitsha dat Trompie Toerien van Genadendal nie meer wiskunde in Afrikaans kan leer nie? Die groot vraag sentreer rondom watter voordeel daar is vir die Xhosasprekende studente as daar nie meer kursusse in Afrikaans aangebied word nie. Die vraag wat ons onsself behoort te vra is hoe ons daartoe kan bydra dat hierdie studente wel in Xhosa kan studeer."

Top