Milton Maritz

Milton Maritz is in 1958 in Windhoek gebore en het op Windhoek Hoërskool gematrikuleer in 1976. Na twee jaar diensplig, het hy by die Universiteit van die Vrystaat begin studeer, waar hy in 1991 sy PhD in Toegepaste Wiskunde behaal het. In hierdie tyd het hy reeds begin doseer by die Departement Toegepaste Wiskunde. Van 1995 af was hy werksaam by die Departement Fisika van dieselfde universiteit. In 2001 het hy 'n pos aanvaar by die Universiteit van Stellenbosch waar hy tans dosent is in Toegepaste Wiskunde.

Hy is getroud met Annamarie (néé Bam). Sy is 'n professionele klarinetspeler, en die egpaar het twee dogters.

 

Die fassinerende meganika van hoppende fietswiele

Willem Theron, Milton Maritz LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2016-05-26

"Feitlik al die gepubliseerde numeriese resultate is gegee vir beweging van ’n hoepel op ’n horisontale vlak; in hierdie artikel word ’n wiel wat afrol op ’n skuins vlak beskou."

Top