Mieke van der Merwe
Mieke van der Merwe matrikuleer in 2007 aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein. In 2008 begin sy haar studie in regte aan die Universiteit van die Vrystaat en voltooi haar LLB-graad in 2011. Weens haar belangstelling in die strafreg sit sy haar studie hierna voort en voltooi haar LLM in die Departement Straf- en Geneeskundige Reg in 2012. In 2013 verhuis sy na Kaapstad en aanvaar ‘n aanstelling as kandidaatprokureur by Visser & Vennote in Boston, Bellville, waar sy steeds werksaam is. Sy beplan om binnekort met haar doktorale studie te begin.