Michelle Fuchs

Michelle Fuchs behaal haar LLB-graad in 2006 aan die Universiteit van Pretoria met 35 onderskeidings. Sy is ook op die dekaan se merietelys. Sy voltooi in 2007 haar leerklerkskap by Savage Jooste & Adams Inc., Pretoria, en word in 2008 as prokureur, aktevervaardiger en notaris van die hoë hof van Suid-Afrika toegelaat. Gedurende hierdie jaar praktiseer sy as ? aktevervaardiger by Newtons Inc., Pretoria. In 2009 begin sy haar eie praktyk en is vir vier jaar direkteur van MM Fuchs Prokureurs, Pretoria; haar spesialisgebiede is aktes, familiereg, sakereg en siviele litigasie.

Weens haar voorliefde vir die akademie sluit sy by die Universiteit van Suid-Afrika aan as ? navorsingsassistent vir Susan Scott in die Departement Privaatreg en voltooi haar LLM(A)-graad cum laude onder haar leiding. In 2013 aanvaar sy ? betrekking as lektrise in dieselfde departement, waar sy steeds werksaam is. Publikasies en ’n internasionale voordrag het in 2012–2014 gevolg oor onderwerpe rakende die oproepingsproses van ? verband op ? onroerende saak en die invloed van die Kredietwet op hierdie proses. Sy doseer sakereg en het ? besondere belangstelling in saaklike sekerheidsregte. Sy beplan om binnekort met haar doktorale studie te begin.

Ingrypende ontwikkeling in die oproepingsproses van verbande op onroerende sake

Michelle Fuchs 2014-04-22 Hierdie artikel fokus op ingrypende veranderings wat in die oproepingsproses ten aansien van verbande op onroerende sake as gevolg van die Grondwet deur onlangse regspraak teweeggebring is.
Top