Melodie Labuschaigne

Melodie Labuschaigne (voorheen Slabbert) is ’n professor in die Departement Jurisprudensie in die Skool vir Regsgeleerdheid aan Unisa. Sy verwerf die grade BA Hons (cum laude), MA (cum laude) en DLitt aan die Universiteit van Pretoria (UP), en die grade LLB (cum laude) en LLD aan Unisa. Haar akademiese loopbaan begin in 1988 aan UP in die Departement Duits, waar sy haar DLitt-graad in 1991 op 24-jarige ouderdom behaal met ’n proefskrif wat handel oor die temas van politiek en geweld in die politieke dramas van die Switserse dramaturg Friedrich Dürrenmatt. Ná haar regstudie aan Unisa, waar sy die Senaatsmedalje en die Balieraad se Johannes Voet-penning vir die beste LLB-student ontvang, word sy in die Instituut vir Buitelandse Reg en Regsvergelyking as navorser aangestel en voltooi sy haar LLD-graad in Geneeskundige Reg in 2000 onder die leiding van wyle prof SA Strauss. Sy sit haar akademiese loopbaan voort in die Departement Jurisprudensie aan Unisa tot in 2000, waarna sy ’n pos as lektrise aan die Universiteit van Adelaide in Suid-Australië aanvaar. Met haar terugkeer na Suid-Afrika word sy in 2002 weer in die Departement Jurisprudensie aan Unisa aangestel, en word later direkteur van die Skool vir Regsgeleerdheid (2012) en adjunkdekaan (2013–7) aan dieselfde universiteit. Tydens haar akademiese loopbaan, wat oor meer as drie dekades strek, publiseer sy meer as 90 artikels in geakkrediteerde joernale, vele hoofstukke in internasionale regsboeke, asook menige internasionale en nasionale referate. Sy ontvang ook etlike navorsingstoekennings, onder andere die Kanseliersprys vir Navorsing en die Vroue Navorsingsleiers-toekenning aan Unisa, asook die 2011 Hugo de Groot-prys vir die beste artikel in die Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg. Sy dien in menige rade en panele, onder andere as lid van die Academy of Science of South Africa se Mensgenetika en Mensgenoom Konsensus-studie (2016–8); die raad van die Instituut vir Sellulêre en Molekulêre Biologie aan die Universiteit van Pretoria; die president van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se Bio-etiek Advieskomitee; asook as die regslid van die Nasionale Raad vir Gesondheidsnavorsing, laasgenoemde deur die Minister van Gesondheid aangestel. Haar navorsing fokus op die regsaspekte rakende die biotegnologie (stamsel-, genoom-, menslike-weefsel- en geenredigeringsnavorsing) en reg en letterkunde. Sy is ook reeds twee dekades lank betrokke by die skryf en hersiening van gesondheidsnavorsing en -regulasies.

Vonnisbespreking: Lidmaatskap van ’n mediese skema kan nie sonder grondige redes beëindig word nie

Magda Slabbert, Melodie Labuschaigne LitNet Akademies (Regte) 2025-02-14

"Ten spyte van aansoekers se reg op privaatheid en die reg om hul persoonlike gesondheidsinligting vertroulik te hou, moet ’n balans tussen die beskerming van hul persoonlike inligting en die versekering van die finansiële volhoubaarheid van mediese skemas getref word."

Vonnisbespreking: Mediese nalatigheid – vertraging in oorplasing van pasiënt na geskikte sorg; en of nalatigheid oorsaaklik verband hou met amputasie van pasiënt se been

Magda Slabbert, Melodie Labuschaigne LitNet Akademies (Regte) 2023-08-01

"Die ligging of konteks waar dokter Patel se skade ontstaan het, naamlik Standerton, is ’n plattelandse dorp gekenmerk deur bepaalde tekortkominge wat gesondheidsorg betref, wat ’n direkte invloed gehad het op die reeks gebeure wat gevolg het."

Kidney failure and an organ transplant in Met ’n ompad by Berna Ackerman – a legal-literature investigation

Melodie Labuschaigne, Magda Slabbert Academic research 2023-07-21

"The novel’s depiction of the complex and sensitive medical topic of organ transplants, a field in need of significant legal reform, will hopefully attract the attention of the legislator soon."

Nierversaking en ’n orgaanoorplanting in Met ’n ompad deur Berna Ackerman – ’n regsletterkundige ondersoek

Melodie Labuschaigne, Magda Slabbert LitNet Akademies (Regte) 2023-07-21

"Nie net lig die roman die onkunde rondom nierskenking uit nie, maar dit plaas ook die regsraamwerk oor orgaanskenking in ’n alledaagse konteks wat met lesers kan resoneer."

Misplaaste weldade en griewe van die "Liquorice Allsorts-gesinnetjie": ’n Regsletterkundige verkenning van Zelda Bezuidenhout se Die waarde van stil bure

Magda Slabbert, Melodie Labuschaigne LitNet Akademies (Regte) 2022-05-26

"Daar is nie ’n beter manier waarop die boodskap van apartheid se leed en verlies gestel kan word as deur fiksie nie, en Bezuidenhout se roman as deel van postapartheidliteratuur dra by tot ’n ryker regsletterkundige verkenning van die impak van apartheid."

Misplaced benefaction and grievances of the "Liquorice Allsorts family": A law and literature investigation of Zelda Bezuidenhout’s Die waarde van stil bure

Magda Slabbert, Melodie Labuschaigne Academic research 2022-05-26

"The novel touches on the legality and the ethical justification of unauthorised stem cell research and transplant, and also refers to the social milieu during apartheid that shaped the girls’ behaviour over time."

Vonnisbespreking: Die strafregtelike vervolging, skuldigbevinding en kwytskelding van ’n verloskundige en ginekoloog

Magda Slabbert, Melodie Labuschaigne LitNet Akademies (Regte) 2022-05-16

"Die KH se uitsluitlike aandag aan die prosesregtelike kwessie van ’n onregverdige verhoor al dan nie laat die vraag ontstaan of regspleging geheel en al tegnies geskei behoort te word van wat in die betrokke omstandighede eties korrek sou wees."

Afrikaanse letterkunde laat regsmense met nuwe oë na sake kyk

Melodie Labuschaigne, Melt Myburgh Onderhoude 2021-08-25

"Hedendaagse temas in die letterkunde wat met vrug vir regspleging ontgin kan word, is onder meer vraagstukke wat handel oor die regulering van grondeise, genetiese manipulasie, genoomkartering, kunsmatige intelligensie en aardverwarming ..." – Melodie Labuschaigne

“The good, the bad and the ugly”: A legal-literary reflection on Von Meck’s Die heelal op my tong

Melodie Labuschaigne Academic research 2021-08-17

"On a parallel level, this metaphoric body may be regarded in the South African apartheid legal history as an abhorrent indulgence (consumption) of political power and dominance, just as Jan Rabie’s 'Drie kaalkoppe eet tesame' suggests."

“The good, the bad and the ugly”: ’n Regsletterkundige besinning van Von Meck se Die heelal op my tong

Melodie Labuschaigne LitNet Akademies (Regte) 2021-08-17

"Die waarde van postapartheid literêre werk is daarin geleë dat dit geleenthede skep om die geskiedenis aan die hand van karakters se ervarings te kan belig, sodat die leser saam met die karakters hul reis na katarsis kan beleef."

Top