Martin Puttkammer

Martin Puttkammer (44) is ’n senior lektor in taaltegnologie en hoof van die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT) op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU). Hy fokus op navorsing oor en ontwikkeling van hulpbronne en toepassings vir hulpbronskaars tale – hoofsaaklik Suid-Afrikaanse tale. In 2006 ontvang hy sy meestersgraad met lof, waarvoor hy ook in dieselfde jaar die gesogte Absa-bronsmedalje vir die beste verhandeling binne die breër geesteswetenskappegebied aan die NWU ontvang. Puttkammer behaal sy doktorsgraad in algemene taalkunde in 2014 met ’n proefskrif wat oor die effektiewe ontwikkeling van mensetaaltegnologiehulpbronne vir hulpbronskaars tale handel.

Age and content advisories for Afrikaans books for children: results of a first qualitative and quantitative investigation

Gerhard van Huyssteen, Monique Rabé, Martin Puttkammer Academic research 2023-04-30

"In South Africa, the Films and Publications Act 65 of 1996 (South African Government 1996) provides the framework for controlling films and publications in South Africa. This includes the imposition of age and content advisories for films and television programmes (f-ACAs) by the Film and Publication Board (FPB). ... However, no similar advisories exist for books (b-ACAs), although this is the practice in the United States of America, for example. The aim of this investigation is to determine what Afrikaans speakers think and feel about b-ACAs for books for children."

Ouderdoms- en inhoudsadvies vir Afrikaanse boeke vir kinders: resultate van ’n eerste kwalitatiewe en kwantitatiewe ondersoek

Gerhard van Huyssteen, Monique Rabé, Martin Puttkammer LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-04-30

"Desnieteenstaande dié institusionele raamwerk, is daar steeds geen geïnstitusionaliseerde Suid-Afrikaanse implementering van ouderdoms- en inhoudsadvies vir boeke (b-OIA’s) nie. Dit sou byvoorbeeld advies oor genres, gepastheid van temas vir bepaalde ouderdomsgroepe, inhoudswaarskuwings oor naaktheid, taalgebruik en geweld, en snellerwaarskuwings vir selfdood en gevalle van mishandeling kon insluit."

Top