Martin Kidd

Martin Philip Kidd (gebore 1986) is ’n navorser in die Departement Elektronika, Rekenaarwetenskappe en Stelsels aan die Universiteit van Bologna, Italië, en het die grade BSc (Wiskundige Wetenskappe), Honneurs BSc (Operasionele Navorsing) en PhD (Operasionele Navorsing) in onderskeidelik 2007, 2008 en 2011 aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Hy was van Desember 2007 tot Januarie 2008 deeltyds aangestel by Standard Bank as deel van die kwantitatiewe-analise-span, en van Januarie 2010 tot Junie 2010 in die Departement Logistiek aan die Universiteit Stellenbosch as deeltydse dosent. Verdere deeltydse werk sluit ook in verskeie student- en navorsingsassistentskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Sy navorsingsbelangstellings lê in kombinatoriese ontwerp, skedulering en kombinatorise optimering.


Enumerasie van self-ortonogale Latynse vierkante met simmetriese ortogonale maats

Alewyn Burger, Martin Kidd, Jan van Vuuren LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2012-05-10

In hierdie artikel enumereer die skrywers verskeie ekwivalensieklasse van self-ortogonale Latynse vierkante met simmetriese, ortogonale maats (SOLVSOMs), ’n probleem wat nog nie in die literatuur oor kombinatoriese ontwerpe aangespreek is nie.

Enumerasie van self-ortogonale Latynse vierkante van orde 10

Alewyn Burger, Martin Kidd, Jan van Vuuren LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2010-10-20

In hierdie artikel word hierdie ekwivalensieklasse van self-ortogonale Latynse vierkante van orde 10 in ’n groot parallelle berekeningspoging getel.

YouTube-onderhoud: Martin Kidd gesels oor Latynse vierkante en gee raad aan skoliere wat in die wiskundige wetenskappe wil studeer

Martin Kidd 2010-10-20 Alewyn Burger, Martin Kidd en Jan van Vuuren is die skrywers van die eerste Natuurwetenskappe-artikel in LitNet Akademies.
Top