Marna van den Berg

Met die aanvang van my studies in menslikehulpbronbestuur het ek my in Pretoria gevestig, waar ek steeds as bedryfsielkundige werk. 

Digkuns het my van jongs af na aan die hart gelê en ek het verlede jaar begin om meer gereeld gedigte te skryf. Een van my gedigte het onlangs in Ons Klyntji verskyn. 

Groei is ’n sentrale tema in my lewe en ek glo dat groei ook plaasvind wanneer mense hulle ervarings deel – en digkuns is 'n universele medium om dit te doen. 

Ek put vreugde uit die alledaagse en streef 'n eenvoudige lewenstyl na.

Huis, woning, tuiste: Marna van den Berg se inskrywings

Marna van den Berg Skryfkompetisies 2017-03-20

Lees Marna van den Berg se inskrywings vir LitNet se gedigkompetisie: Huis, woning, tuiste.

Top