Marisa Pietersen

Marisa Pietersen beskik oor ’n meestersgraad in kliniese maatskaplike werk wat sy aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth behaal het. Sy het haar voorgraadse studie in maatskaplike werk aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi. Haar passie vir kinders het gelei tot die opening van die eerste kinderkliniek vir terapie by FAMSA, Port Elizabeth, Sy het op ’n daaglikse basis sosio-emosionele assessering en spelterapie met kinders gedoen. Sy werk tans as terapeutiese programbestuurder by Providence HealthCare.

Die voorkoms, frekwensie en aard van seksuele misbruik deur jong vroulike seksoortreders in ’n inwoonsorgsentrum

Mariëtte Joubert, Marisa Pietersen, Carel van Wyk 2012-11-21 "Die doel van hierdie navorsingstudie behels ’n verkennend-beskrywende ondersoek na die voorkoms, frekwensie en aard van seksuele misbruik onder meisies in ’n inwoonsorgsentrum."
Top