Mariëtte Koen

Mariëtte Koen is ’n medeprofessor en dosent in Leerderondersteuning in die Fakulteit Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus). Sy doen navorsing in Vroeë Kinderontwikkeling in die navorsingsnisarea COMBER (Gemeenskapsgebaseerde Opvoedkundige Navorsing) onder die leiding van prof Lesley Wood. Sy het haar loopbaan as remediërende en grondslagfase-onderwyseres begin voordat sy ’n professionele kwalifikasie as opvoedkundige sielkundige behaal het. Haar tersiêre loopbaan het as dosent by die Universiteit van die Vrystaat begin, waar sy betrokke was by die opleiding van grondslagfase- en Lewensoriëntering-onderwysers. Haar navorsingsbelangstellings sluit assessering, leer, onderrig en leerderondersteuning in die vroeë kinderontwikkeling in.

The role and experiences of teachers in the development of health literacy in secondary schools

Marijke den Hond, Mariëtte Koen Academic research 2020-04-29

"This period and environment decidedly offer ideal opportunities to stimulate critical thinking and to focus learners’ attention on cultivating sound health literacy practices."

Die rol en ervarings van die onderwyser in die ontwikkeling van gesondheidsgeletterdheid in sekondêre skole 

Marijke den Hond, Mariëtte Koen LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2020-04-29

"Hierdie tydperk en omgewing bied onteenseglik die ideale geleentheid om kritiese denke te stimuleer en om leerders se aandag op die ontwikkeling van goeie gesondheidsgeletterdheidspraktyke te vestig."

Bemagtig opvoeders vir onmiddellike mobilisasie van grondslagfase-leerders se geletterdheid

Mariëtte Koen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2008-10-02

"Vanaf 1994 is daar al baie gedebatteer oor moontlike faktore as oorsaak vir leerders se swak taalprestasie. In hierdie artikel wil ek nie op probleme fokus nie, maar eerder moontlike oplossings ondersoek."

Top