Marietha Terblanche

Marietha Terblanche het haar loopbaan as opvoeder in 1989 by ’n skool in die Wes-Kaap begin en werk sedert 2007 as ’n senior onderwyskundige spesialis by die distrikskantoor van die Wes-Kaapse Departement van Onderwys.

Haar proefskrif “Die vestiging en bevordering van ’n volhoubare onderrigleerklimaat deur skoolbestuurspanne” ondersoek die uitdagings wat die skoolbestuurspan ervaar tydens hul interaksie met die personeel, skoolbeheerliggaam en Onderwysdepartement wat bydra tot die vestiging en bevordering van ’n volhoubare onderrigleerklimaat as ’n dimensie van lewe binne die skool en skoolleierskap.

Participatory decision-making in the establishment and promotion of a sustainable teaching and learning climate: the role of the school management team in South African primary schools

Marietha Terblanche, Jan Heystek Academic research 2020-11-17

"To encourage the participation of post level 1 teachers in an expanded SMT and decision-making in a school-based management model would require that the roles and responsibilities of these teachers be developed and expanded. It was found that, to achieve effective change, a heightened focus on skills and abilities is important so as to make effective decisions as a team and not as individuals."

Deelnemende besluitneming in die vestiging en bevordering van ’n volhoubare onderrig- en leerklimaat: die rol van die skoolbestuurspan in Suid-Afrikaanse laerskole

Marietha Terblanche, Jan Heystek LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2020-11-17

"Uit die data-ontleding blyk dat, alhoewel ontwikkeling op mikrovlak die potensiaal het tot groter doeltreffendheid in die uitbreiding van die skoolbestuurspan se besluitnemingsvermoë, die meeste uitdagings juis op mikrovlak beleef word. Die hoofrede vir die uitdaging is dat die onderwysers hulself nie beskikbaar stel vir ondersteuning op skoolvlak nie."

Top