Marianne Lombard

Marianne Lombard is ’n dosent by die Universiteit van Suid-Afrika. Sy het haar BLC- en LLB-grade behaal aan die Universiteit van Pretoria, en haar LLM-graad behaal aan die Universiteit van Suid- Afrika. Sy is ’n toegelate prokureur en transportbesorger en is aangestel as ’n dosent sedert 2012. Marianne se belangstellingsvelde is die maatskappyereg en mededingingsreg. 

Vonnisbespreking: Turquand en estoppel: voëls van eenderse vere?

Marianne Lombard, Christiaan Swart LitNet Akademies (Regte) 2016-07-11

"Die uitspraak versuim voorts om ’n duidelike onderskeid te tref tussen die leerstuk van estoppel en die Turquand-reël. Vanuit ’n bewysregtelike oogpunt is hierdie onderskeid van kardinale belang."

Vonnisbespreking: Statutêre aandeelhouersbeskerming: die geregtelike beoordeling van onderdrukkende en onredelik benadelende direksiebesluite

Christiaan Swart, Marianne Lombard LitNet Akademies (Regte) 2015-04-16

"Die hof lê die sober beginsel neer dat indien ’n applikant nie kan bewys dat direkteure hul vertrouenspligte verbreek het nie, die applikant se aansoek kragtens artikels 163 selde sal slaag, alhoewel die moontlikheid nooit uitgesluit kan word nie."

Top