Maria Marchetti-Mercer

Maria Marchetti-Mercer is die hoof van die Skool vir Menslike en Gemeenskapsontwikkeling aan die Universiteit van die Witwatersrand. Sy het haar studie aan die Universiteit van Johannesburg (vroeër RAU) voltooi, insluitend ’n MA in kliniese sielkunde en ’n doktorsgraad in sielkunde. Sy is reeds byna 20 jaar lank betrokke by die opleiding van professionele sielkundiges, veral op die gebied van gesinsterapie. Sy het ook gevorderde gesinsterapie-opleiding in Italië ondergaan. Sy geniet erkenning as ’n NNF-wetenskaplike. Haar navorsingsbelangstellings sluit in die professionele opleiding van sielkundiges, gesinsmoord en gesinsgeweld, en meer onlangs die implikasies van emigrasie op die gesinslewens van Suid-Afrikaners. Sy het etlike artikels oor hierdie onderwerpe gepubliseer en plaaslik en internasionaal aanbiedings daaroor gedoen. In 2008 ontvang sy by Brasenose Kollege, Oxford Universiteit, ’n toekenning vir haar uitstaande internasionale bydrae tot skoolgebaseerde gesinsberading van die Instituut vir Skoolgebaseerde Gesinsberading en die Universiteit van San Francisco se Sentrum vir Kinder- en Gesinsontwikkeling. Op 30 Oktober 2010 ontvang sy ’n beste-plakkaat-toekenning vir haar bydrae getiteld “Relational bereavement in emigration: Those staying behind” by die 7de Europese Gesinsterapie-konferensie in Parys.

Afrikaanssprekende emigrante: verliese en verwagtinge

Maria Marchetti-Mercer, Louw Roos 2013-03-20 "Dié artikel, wat deel vorm van ’n groter navorsingsprojek, fokus op sommige van die ondervindings eie aan Afrikaanssprekende emigrante. Die groter projek fokus op die impak wat emigrasie op die Suid-Afrikaanse gesinslewe het."
Top