Mari Hartzenberg

Mari Hartzenberg het ongeveer 28 romanses onder die skrywersnaam Mari van den Berg en onder die vaandel van Lapa Uitgewers gepubliseer. Twee van hierdie boeke is bekroon met die ATKV se Ela Spence Medalje vir Liefdesverhale.

Na ingrypende persoonlike lewensomstandighede skryf sy vir ’n geruime tyd nie. Om weer woordfiks te word, sluit Mari aan by ’n diggroepie onder leiding van Marie Bredenkamp en woon slypskole by wat deur Fanie Marais van Cordis Trust geborg word. Onder die bekwame en sorgsame mentorskap van René Bohnen word daar ’n bundel saamgestel van die groepie se werk en word daar van Mari van den Berg se gedigte in Versvuur opgeneem.

Op 7 Januarie 2017 trou Mari met Gerhard Hartzenberg en besluit om haar skrywersnaam na Mari Hartzenberg te verander. Vir haar is die verandering van naam ook simbolies gekoppel aan die nuwe fase wat sy as persoon én as skrywer betree.

Die kat

Mari Hartzenberg Fiksie 2017-10-31

"Ek verstaan die kat nie en die kat verstaan my nie, maar dit dompel my nie in ’n eksistensiële krisis nie. Ek verstaan mý ook nie en in hierdie stadium van my lewe, verstaan ek nog minder wat mense dryf om te wees soos wat hulle is."

Top