Mari Bosman

Mari Bosman is ’n opkomende kunstenaar vanuit die Paarlvallei.  Sy het haar loopbaan begin in teaters en restaurante op akoestiek.  Deesdae tree sy egter op by verskeie feeste en geleenthede.

In 2009 het sy die 5fm podcasting kompetisie gewen vir die afdeling “Best original music”.

Sy tree by verskeie feeste op, waarvan die mees onlangste die Huisgenoot Namaquafees 2012 asook Huisgenoot Worcester Skou 2013.  Op 21 Januarie 2013 het sy verskyn op Fiësta (Kyknet) en is erken as opkomende kunstenaar.

Mari word begelei deur ’n 4-stuk band. Haar musiek is vars en opwindend. Sy beskryf dit as “Afrikaans rooiwyn rock”!

Mari Bosman en die koms van Storievrou

Henry Cloete, Mari Bosman 2013-02-12 "Ek het baie min respek vir deesdae se 'jy braai ek maak slaai'-nonsens. Ek waardeer musiek met ’n dieper betekenis – kunstenaars wat talent het en nie net ’n CD probeer maak nie. Ek mik om die Afrikaanse musiekbedryf liedjies te gee met betekenis, waarmee hul kan aanklank vind."
Top