Suidoosterfees 2021 en NATi Jong Sterre-produksies ‒ ’n onderhoud met Margo Kotze
2021-04-28In samewerking met die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi), Kunstekaap en die Jakes Gerwel Stigting bied die Suidoosterfees vanjaar weer ‘n NATi Jong Sterre-program by dié fees aan wat tot 2 Mei by die Kunstekaap plaasvind. Emma Kotze gesels met Margo Kotze oor haar werk wat sy by die fees aanbied, asook die geleenthede wat die Jakes Gerwel-mentorskapprogram, waarvan sy in 2020 deel was, vir haar gebied het en hoe haar toekomsdrome lyk.