Maretha Laubscher
Van die moeilike ouderdom waar mens geken wil wees maar nie wil laat blyk hoe lank in die tand jy is nie. Jy het te veel plekke verken, in te veel huise gewoon, te veel werke beproef en te veel flops agter jou naam. Jou kennise le wyd, mense met wie jy soms innig geloop het en ander van wie jy skaars die gesig kan onthou. Jou waardes is beproef en soms het jy jouself te lig bevind. Jy wil buig, maar weet dat jy meer dikwels knak wanneer dinge te veel raak. Uiteindelik bly jy verwonderd vreemd dat die lewe so ingewikkeld kan wees.