Marelize Botes

Marelize Botes het haar PhD in Mikrobiologie in 2008 aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Sy is tans ’n nadoktorale navorser in waternavorsing onder leiding van Eugene Cloete. Haar navorsing behels die toepassing van nanotegnologie in waterfiltrasie en die beheer van biofilm-groei in waterfiltrasiestelsels. Sy is mede-outeur van dertien eweknie-beoordeelde wetenskaplike artikels, mederedakteur van ’n boek, en mede-uitvinder van twee patente.


Antimikrobiese nanovesels vir waterbehandeling: poli(vinielalkohol)- en poli(akrielonitriel)-nanovesels met silwer-nanopartikels.

Danielle du Plessis, Marelize Botes, Leon Milner Theodore Dicks, Thomas Eugene Cloete LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2012-06-08

"Die doel van hierdie navorsing was om ’n bydrae te lewer tot bestaande kennis in waterfiltrasie en -ontsmetting en die ontwikkeling van nuwe tegnologie wat in die afsienbare toekoms toegepas kan word om verligting te bring aan gemeenskappe en gebiede wat nie toegang tot veilige drinkwater het nie."

Top