Marc Welgemoed

Marc Welgemoed is ’n senior lektor in die Departement Straf- en Prosesreg aan die Nelson Mandela Universiteit (NMU) se Fakulteit Regsgeleerdheid. Hy is ook ’n klinikus by die NMU se Regskliniek en dien sedert die begin van 2023 as departementshoof van die Departement Straf- en Prosesreg.

Hy is in 2000 as prokureur toegelaat en het in 2016 as direkteur van die NMU se Regskliniek waargeneem. Hy is ook ’n gesertifiseerde bemiddelaar.

Marc het sy BIuris-graad in 1996, sy LLB-graad in 1998, sy LLM-graad in 2014 en sy LLD-graad in 2021 verwerf. Hy het op 2 Junie 2003 by die NMU se Regskliniek aangesluit en het ongeveer 21 jaar se ondervinding in kliniese regsopleiding. Hy doseer tans Siviele Prosesreg, Regspraktyk en Ongeregverdigde Verryking, en het ondervinding in toesighouding oor beide voorgraadse en nagraadse navorsingstudente.

Vanaf 2007 tot 2018 het hy as prinsipaal vir verskeie kandidaatprokureurs by die NMU se Regskliniek opgetree. Hy het ook tussen 2009 en 2019 op die uitvoerende komitee van die South African University Law Clinics Association(SAULCA) gedien. 

Marc het tussen 2016 en 2024 artikels in verskeie akademiese vaktydskrifte gepubliseer, insluitend LitNet Akademies, Obiter en Potchefstroom Elektroniese Regsblad. Hy het ook bydraes gelewer tot die LexisNexis-boek Clinical Law in South Africa, sowel as die Juta-boek Law Clinics and the Clinical Law movement in South Africa.

The living will – Is there legal certainty in South African law?

Marc Welgemoed Academic research 2025-06-10

"Whatever the case may be, the formal recognition and enforceability of living wills is desirable. It would provide legal certainty and peace of mind to terminally ill individuals, as well as to their families and loved ones."

Die lewende testament – Is daar regsekerheid in die Suid-Afrikaanse reg?

Marc Welgemoed LitNet Akademies (Regte) 2025-06-10

"Dit is belangrik dat regsekerheid aangaande die geldigheid van lewende testamente verkry word, aangesien ’n situasie kan ontstaan waar ’n persoon wat aan ’n terminale siekte ly, verwag dat behandeling gestaak of ’n ventilator afgeskakel moet word – en dat so ’n wens in ’n lewende testament vervat is."

The balance between clinical legal education and access to justice per se in a law clinic – a delicate tightrope

Marc Welgemoed Academic research 2016-08-17

"The argument forming the basis of this article is that law students must undergo training while they are in the process of providing access to justice to members of the public."

Die balans tussen kliniese regsopleiding en regstoegang per se in ’n regskliniek – ’n delikate spankoord

Marc Welgemoed LitNet Akademies (Regte) 2016-08-16

"Die uiteindelike bevinding is dat studente-opleiding die belangrikste faktor is en dat regstoegang daaruit voortvloei en dit aanvul."

Top