Magdaleen Swanepoel

Magdaleen Swanepoel is ʼn medeprofessor in die Departement Jurisprudensie, Skool vir Regte, Unisa. Sy het die volgende grade verwerf: LLB (UP), LLM (UP) en LLD (Unisa). Sy spesialiseer tans in Mediese Reg, met ʼn spesifieke fokus op geestesgesondheidsreg. Sy het vir drie jaar as regsgeleerde op die Geestesgesondheidshersieningsraad van Gauteng gedien. Haar LLD-proefskrif handel oor die reg met betrekking tot psigiatrie en sielkunde. Sy het ook verskeie nagraadse studente in mediese reg gelewer.

Sy is tans besig om ʼn handboek wat handel oor die grondbeginsels van mediese reg in Suid-Afrika by te werk, en skryf ook ʼn hoofstuk oor geestesgesondheidsreg in Suid-Afrika vir die Universiteit van Missouri. Sy het nasionaal en internasionaal verskeie referate met betrekking tot mediese reg gelewer. Sy is ook ʼn toegelate advokaat van die hooggeregshof van Suid-Afrika.

Doubtful developments concerning the role of expert evidence in damages claims hearings in three recent judgments of the Gauteng Division of the High Court

Magda Slabbert, Melodie Labuschaigne, Magdaleen Swanepoel Academic research 2026-07-16

"In this article we provide a critical examination of recent South African court decisions concerning damages claims in medical negligence and Road Accident Fund cases, highlighting the challenges posed by unreliable expert testimony and the speculative nature of quantifying damages, particularly future loss of income."

Bedenklike verwikkelinge oor die rol van deskundige getuienis in verhore met betrekking tot skadevergoedingseise in drie onlangse beslissings van die Gautengse Hooggeregshof

Magda Slabbert, Melodie Labuschaigne, Magdaleen Swanepoel LitNet Akademies (Regte) 2026-07-16

"Die outeurs plaas hierdie bespreking binne die breër raamwerk van die Suid-Afrikaanse skadevergoedingsreg en onderskei tussen algemene skade (soos pyn en lyding, emosionele skok en verlies van lewensgenietinge) en spesiale skade (berekenbare uitgawes soos mediese koste en verlies van verdienvermoë)."

Top