Madelein van Straaten

Ek is nog altyd lief vir wiskunde, alhoewel dit nooit my plan was om wiskunde te gaan studeer nie. Tog is ek baie bly ek het en wil graag klas gee en mense wys dat wiskunde regtig nie so erg is nie. Ek wil dieselfde passie by ander kweek en dit vir hulle maklik en verstaanbaar maak. My ander groot liefde is Afrikaans. Ek is ook betrokke by ons kampuskoerant en help met die versorging van die teks.

Einstein-kompetisie: Madelein van Straaten

Madelein van Straaten Einstein-kompetisie 2016-06-07

Madelein is nog altyd lief vir wiskunde. Sy wil graag klas gee en mense wys dat wiskunde regtig nie so erg is nie. 

Top