Madelaine Page

Madelaine Page is sedert 1982 ’n verslaggewer, subredakteur, redakteur of uitvoerende redakteur by verskeie publikasiemedia asook boekeredakteur by Transvaler.

Sy het haar joernalistieke loopbaan in 1982 begin toe sy by die Perskor Joernalistieke Skool toegelaat is. Sy het vanuit die parlementêre persgalery vir Perskor verslag gedoen. Sy is in 1993 as Johannesburg Persklub se Joernalis van die Jaar aangewys.

Sy was ook tydskrifhoof/uitgewer vir verskeie B2B-publikasies en drie jaar lank lid van Primedia Publishing se redaksionele raad. Verskeie van die tydskrifte waarvan sy uitvoerende redakteur en/of sakehoof was, is met toekennings bekroon.

Onder haar akademiese kwalifikasies tel ’n BA Kommunikasiekunde (Unisa), ’n honneursgraad in sielkunde (Unisa) en ’n meestersgraad in kreatiewe skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria. As deel van haar MA het sy ’n historiese roman geskryf.

Cancel culture as a form of punitive shaming in Etienne van Heerden’s novel Die biblioteek aan die einde van die wêreld

Madelaine Page Academic research 2025-05-13

"The novel is used as a critical case study to explore the complex dynamics of cancel culture, which serves as a modern mechanism for social punishment, often manifesting as public shaming, ostracism and scapegoating."

Kanselleerkultuur as strafbeskaming in Etienne van Heerden se roman Die biblioteek aan die einde van die wêreld

Madelaine Page LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-05-13

"Die verhaal wys hoe strafbeskaming en sondebokmaking deur kanselleerkultuur as ’n samelewingsverskynsel binne die groter verband van ’n ingewikkelde, geglobaliseerde en elektroniese samelewing funksioneer, en hoe dit gerugsteun word deur dophoutegnologie- en gesigherkenningstelsels."

Top