Lullu Krugel

Lullu Krugel is die hoofekonoom vir PwC (PricewaterhouseCoopers) in Suidelike Afrika.

Sy is ook ’n vennoot in die PwC Adviesbesigheid in Johannesburg.

Sy het 20 jaar ondervinding as ekonoom. Sy en haar span kyk hoofsaaklik na hoe die eksterne ekonomiese en sosio-ekonomiese omgewing die strategie van maatskappye kan beïnvloed en ook hoe die besigheid van maatskappye die omgewing en die gemeenskappe waarbinne hulle sake doen, kan beïnvloed.

In haar vrye tyd is Lullu lid van ’n internasionale kamerkoor en durf sy nou en dan ’n halfmarathon aan. 

Hoe groot is die ekonomiese krisis?

Freek Robinson, Lullu Krugel Onderhoude 2022-07-06

Twee jaar van beurtkrag is gelykstaande aan die ekonomiese inkrimping tydens die COVID-19-pandemie, volgens Lullu Krugel, die hoofekonoom vir PricewaterhouseCoopers in Suidelike Afrika. Hoe donker is die groter prentjie?

Top