Louise Prinsloo is op 4 Julie 1946 in Johannesburg gebore. Matrikuleer in 1964 aan Helpmekaar Hoër Meisieskool. Ontvang Onderwysdiploma in 1967 van die Normaal Kollege Pretoria. Ontvang Lisensiaat in drama in 1974. Doen radiowerk, skryf stories vir Siembamba en Louise Smit Produksies. Publiseer 26 kinder-en jeugverhale waaronder die gewilde reeks spookstories
Gedaantes en Geraamtes uitgegee deur Human en Rousseau. Haar jeugroman
By die Lêplek van die Leeus (JL van Schaik) is 'n voorgeskrewe boek vir Afrikaans
Eerste Addisionele Taal Gr 11 in Limpopo Provinsie. Haar
Gedaantes en Geraamtes Omnibus 1 is 'n voorgeskrewe boek vir Afrikaans Addisionel Taal Gr 9 in Noord-Wes Provinsie. Sy is getroud met Daan Prinsloo en het drie dogters. Sy is woonagtig in Pretoria en werk as admin klerk by Laerskool Lynnwood waar sy die Jong Skrywersvereniging in 1994 gestig het.
Opgedateer/Updated: 2009-09-23
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za